NYLSTROOM · WATERBERG · LIMPOPO

Bosveld in jou bloed. Bosmar in jou hart.

Van die jagveld tot die tafel, op een plaas: Bosmar is jou bosveldlodge, tradisionele restaurant en wildsverwerker in die hart van die Waterberg.

ONS STORIE

Bosmar 'n bietjie.

Bosmar Game Lodge & Safaris het ontstaan uit 'n liefde vir die bosveld, wild en die buitelewe. 'n Plek waar jy kan ontsnap van die alledaagse, die natuur kan geniet en onvergeetlike herinneringe kan maak.

Wildsvleis wat oor gloeiende kole gebraai word
TRADISIONEEL

'n Regte kombuis, 'n regte spyskaart, oop vir die publiek.

Ons restaurant is die hart van die plaas, oop vir lodge-gaste, jagters en Waterberg-plaaslikes. Ons bied hoë gehalte vleis, smaaklik en keurig voorberei teen billike pryse.

Ons is oop vir ontbyt, middag- en aandete met weeklikse spesiale aanbiedinge.

BEKYK DIE RESTAURANT
BEGIN JOU REIS

Drie nagte is 'n kykie. Vyf is 'n herinnering.